EtesGebalanseerde, bekostigbare etes word verskaf aan lede van Jagersbosch. Spesiale etes kan voorberei word vir lede met spesifieke gesondheidstoestande soos diabetes of hoë cholesterol. Persone wat nie lede is van Jagersbosch nie is ook welkom om van die voorbereide etes aan te koop.
Etes is beskikbaar as wegneem-, aanry- of aansitetes. 'n Addisionele fooi word gehef op etes wat afgelewer word. Drie etes per week word aan die leerlinge van Sunbeam Pre-Primêre Skool in Melkhoutfontein verskaf. Hierdie diens is in Mei 2004 uitgebrei om sodoende aan die leerlinge van Immanuel Pre-Primêre Skool ook etes te begin verskaf.
Bevrore etes (afval, bobotie, hoenderpastei, spaghetti bolognaise, ens) word by Pizza World, Stilbaai (tel. 028 754 1473) verkoop om inkomste te genereer.
Die twee fasiliteite beskikbaar aan Jagersbosch waar etes voorberei kan word is:
Planne is opgetrek en die nodige fondse is bekom vir die opgradering en uitbreiding van die eetsaal en kombuis by Die Waenhuis om sodoende die groot aanvraag vir hierdie diens te kan hanteer.
|
![]() |
TarieweDie tariewe vir etes word bereken volgens 'n glyskaal wat gebaseer is op die maandelikse inkomste van die lede:
R5 per bord ekstra vir aflewering van aanryetes |
Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum