Jagersbosch as 'n rolmodel is 'n belangrike en integrale skakel in die gemeenskapsdienste wat gelewer word in die Langeberg distrik.
Jagersbosch se bestaansdoel is om liefdevolle ondersteuning en sorg te bied en sodoende die bestaan van 'n bemagtigde en meer gesonde gemeenskap in Stilbaai, Melkhoutfontein, Jongensfontein en die omliggende plattelandse gebiede moontlik te maak.
Doelstellings |
![]() |
|
|
|
Om alomvattende ondersteuning en bekostigbare primêre gesondheidsdienste te lewer, sonder diskriminasie, aan alle lede van Jagersbosch asook aan die groter gemeenskap wanneer dit benodig word. | |
|
|
Om programme en projekte vir beide oud en jonk te ontdek en te ondersoek wat sal lei tot die bemagtiging en motivering van die gemeenskap. | |
|
|
Om die handhawing van Jagersbosch asook die meegaande dienste en projekte te verseker. | |
|
|
Om ondersteuning te bied vir die opleiding en ontwikkeling van alle personeel en vrywilligers wat 'n diensverskaffingsrol vervul. | |
|
|
Om lede van die groter gemeenskap aan te moedig om deel te neem aan Jagersbosch se projekte deur hul deskundigheid en kennis by te dra. | |
|
|
Om netwerke en venootskappe met ander diensverskaffers daar te stel. | |
Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum