Gesondheidsdienste

Die doel van Jagersbosch Gesondheidsorgdienste is om bekostigbare dienste aan die gemeenskap te verskaf. Ons verskaf 'n omvattende program van primêre (voorkomende) en voltydse (versorgende) gesondheidsdienste in samewerking met mediese praktisyns. Medikasie word deur verpleegsters en sorgverskaffers versprei vanaf mediese praktisyns en plaaslike klinieke na persone wat nie vervoer het nie.

Primêre (Voorkomende) Gesondheidsdienste

Die doel van hierdie dienste is om chroniese of akute gesondheidsprobleme, soos byvoorbeeld hoë bloeddruk of diabetes, te monitor.

Die dienste word verskaf by klinieke wat gebruik word deur Jagersbosch in Melkhoutfontein, Stilbaai en Jongensfontein, asook tuis in buitengewone gevalle, en sluit in:

monitor van bloeddruk- en bloedsuikervlakke

toets van urine

neem van bloedmonsters (op versoek)

meting van cholesterolvlakke

pedikuur

vol was (tuis of in een van die klinieke)

Tariewe

Inkomste/maand (R)

Groep

Bloeddruk

Bloedsuiker

Cholesterol

Pedikuur

Urine Toets

Vol Was

0 - 700

A

R3

R6

R15

R4

R3

R5

701 - 2000

B

R3

R9

R15

R8

R5

R10

2001 - 4000

C

R3

R9

R15

R8

R5

R10

4000+

D

R3

R9

R15

R8

R5

R10

Nie-lede

 

R5

R12

R20

R12

R8

R15

 

Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum