Geskiedenis en Algemene Inligting

In 1987 het pensionarisse in Stilbaai tot die besef gekom dat 'n dienssentrum noodsaaklik sou raak in die toekoms. Dit het gelei tot die stigting van 'n organisasie wat etes en gesondheidsdienste verskaf aan persone wat sukkel met swak gesondheid asook aan bejaardes. Die plaaslike munisipaliteit het 'n verwaarloosde huis, bekend as die Jagersbosch Huis, vir die dienssentrum aangebied as 'n hoofkantoor. Lede van Jagersbosch en vrywilligers uit die gemeenskap het onder leiding van mnr Roland Rudd en mev Anthea Rossouw die gebou herstel. Dienste is aan die gemeenskap verskaf uit die Jagersbosch Huis uit vanaf 1990. In 1989 is dienste vir die eerste keer in Melkhoutfontein aangebied. Soeterus is in 1995 gebou en in 1998 is Jagersbosch as 'n Artikel 21 organisasie geregistreer.

 

Die daarstelling en ontwikkeling van die Jagersbosch tak in Melkhoutfontein is met behulp van die volgende persone en organisasies vermag:

 

20 vroue en een man van Melkhoutfontein het gehelp om die geboue in Soeterus op te rig in samewerking met Philip Claassens van die Langeberg Opleidingsentrum ('n Masakhane projek).

Tol Pienaar, 'n bekende ekoloog, het met die uitleg van die Soeterus botaniese tuine gehelp. Die tuine word onderhou deur die persone wat huidiglik daar woon.

Kushido was instrumenteel in die voorbereiding van die kruietuin.

Die Suid-Kaapse Streeksraad en die

Stilbaai Stadsraad het met fondse gehelp.

Jagersbosch was van die begin af betrokke met hulpverlening aan Melkhoutfontein en

Vrywilligers het die historiese huis waarin Jagersbosch is, gerestoureer

Die Departement van Maatskaplike Werk en Armoedeverligting

 

Dolores Weavers

Ingrid Parks

Plaaslike Trust vir Vissermanne

Die Kommitee vir Gemeenskapsontwikkeling

Die Ontwikkelingsbank

Onafhanklike Ontwikkelingstrust

Studente van die Stellenbosch Universiteit het 'n analise gedoen

Langeberg Voedselmaatskappy

Eskom – borg

Langeberg Opleidingsentrum – borg

Nasionale Ekonomiese Forum – borg

Nasionale Openbare Werke Program – borg

Senior burgers – borg

Plaaslike Gemeenskap – borg

Johan Wessels – Argitek

Bouerswerkgroepe in Melkhoutfontein – bouers

Carine du Plessis

 

 

Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum