Sosiale Dienste

Sosiale Geleenthede

Jagersbosch bied 'n omvattende sosiale program aan in ooreenstemming met die doel om die gemeenskap ingelig en betrokke to hou. Gereelde sosiale uitstappies word gereël en 'n jaarlikse kalender word opgestel wat al die datums toon vir verskeie sosiale aangeleenthede in Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein. Die vergaderings en uitstappies van die Voëlkykersvereniging, gereelde musiek geleenthede en 'n verskeidenheid speletjies.

Kontak Tina Taylor by 028 754 1934 vir verdere inligting.

Vervoer

Vervoer kan verskaf word aan lede wat:

mediese dienste benodig na dienspunte en klinieke;

inkopies moet doen;

mediese noodgevalle ondervind;

vir roetine mediese ondersoeke moet gaan.

Behuising

 

Die Soeterus Sorgsentrum verskaf behuising in 'n veilige omgewing aan bejaardes en gestremdes. Die sentrum bestaan uit drie tweeslaapkamer- en vier eenslaapkamer eenhede. Die Stillerus Transito Sorgeenheid verskaf behuising vir ses tot agt persone. Hierdie fasiliteit verskaf versorging en behuising vir alleenlopende en verswakte lede van die gemeenskap. Veranderings is aangebring aan die Soeterussaal se kliniek om sodoende verblyf vir nog ses lede van die gemeenskap te verskaf. Hierdie eenheid is die Moses Kleinhans kliniek genoem.

 

 

Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum