Bemagtigingsprojekte

Jagersbosch het 'n toekomsgerigte ontwikkelingsplan ontwerp wat streef daarna om geleenthede te skep vir lede van die gemeenskap om selfversorgend te wees. Hierdie plan behels opleiding in lewensvaardighede asook opleiding vir sekere beroepe om sodoende werkskepping en entrepeneurskap in die plaaslike gemeenskap te vergemaklik.

Soete-Inval Botaniese Tuin in Melkhoutfontein word onderhou deur die persone wat woonagtig is in die Soeterus Sorgeenhede.
Soete-Arbeid Werkswinkel - vroue word hier opgelei om handwerk artikels te vervaardig wat dan te koop aangebied word in die toerisme-bedryf.
Die Kat-in-die-Sak projek - kunstenaars in die plaaslike gemeenskap beplan massa produksie van een produk wat verkoop kan word aan die plaaslike toerisme mark.
Kleinkind - kinderklere word ontwerp en vervaardig vir verkope aan die plaaslike mark asook aan toeriste.
Hartlief - is 'n klas vir verstandelik en ligaamlik gestremde kinders in die plaaslike skool. Hierdie klas is finansiëel onafhanklik en maak uitsluitlik staat op donasies en fondsinsamelings vir hul bestaan. Jagersbosch is in venootskap met die klas en bied ondersteuning met fondsinsamelingspogings.
Tuissorg Opleiding - 'n plaaslike vrywilliger bied opleiding aan potensiële tuissorg verskaffers op 'n gereelde basis met die doel dat hulle lonende indiensneming kan vind.
Noodhulp Opleiding - Tuissorgverksaffers asook ander werknemers woon gereelde eerstehulp kursusse by wat in samewerking met St John’s Ambulans aangebied word. Enige belangstellende lede van die publiek is ook welkom om hierdie kursusse by te woon.
Opleiding in samewerking met die Bergzicht Opleidingssentrum in Stellenbosch sal vroeg in 2005 begin. Gesertifiseerde kursusse in huishoudelike bestuur en tuisversorging, asook 'n verskeidenheid ander opleidingsprogramme sal aangebied word.
Toerisme Opleiding - Jagersbosch was betrokke by die identifisering van deelnemers in die Volwasse Leerlinge Program deur die verskaffing van die nodige fasiliteite en inligting vir hierdie projek. As deel van die deelnemers se opleiding het hulle elkeen 'n portefeulje gekry en moes hulle produkte ontwikkel om sodoende Melkhoutfontein aan toeriste te bemark. Die deelnemers het hulle sertifikate in Maart 2003 ontvang en staan nou bekend as Die Strandvelders. Lede is huidiglik besig met die ontwikkeling van  wonings en ander produkte.
100 Vroue Koöp projek - Jagersbosch behartig die administrasie vir hierdie innoverende konsep.

 

Hierdie webblad is laas op 10-06-2010 opgedateer. © 2005 Jagersbosch Gemeenskapsorgsentrum